'n Ongewone belegging, Alleenvlug en Die reuk van verlange
Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore en het op Worcester grootgeword. Van haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die UK voltooi, en daaruit spruit haar roman 'n Klein lewe (2012). Sy verdeel haar tyd tussen Botswana en die Boland.